opinion.jpg

Wat ‘n depressing onderwerp Geez!!!!

Maar my vraag is nie soos gewoonlik: Waar gaan jy jou ogies oopmaak nie.(Alhoewel dit lewensbelangrik is….. )

Die vraag wat ek wil stel is….

Waarvoor gaan jy onthou word??????

Ons almal het baie kennisse, maar ek dink as jy jouself wil leer ken, moet jy hoor wat daardie kennisse van jou sê as hulle terugdink aan jou.

Ons is baiekeer so opgevang in ons “issues”…..(en nee… ek pik nie op jou nie…snaaks dat jy daaraan dink🙂) dat ons vergeet wat die invloed is wat ons het op die mense rondom ons….

Ek het dit by my seuntjie geleer….. dit wat ek sê… glo hy….

Dit wat jy baiekeer uit moedeloosheid of radeloosheid kwytraak….dit GLO jou kennisse….

DIT is wat jy uitstraal… sonder dat jy dit miskien agterkom….

As jy terugdink aan enige van jou vriende vriendinne, is daar gewoonlik ‘n tipe “algemene” opinie wat jy van hulle het…

Die een “moan oor als”…. die ander een “kla gedurig oor geld”… die ander een het “soveel issues, dis nie meer snaaks nie”… die ander een het gedurig “een of ander kwaal”… die een “kan nooit iets goed oor iemand sê nie”.

DIT is wat hulle(julle) uitgestraal het of die algemene indruk wat jy kry oor hulle.

Ek dink baie van ons is vasgevang in ‘n lewensstyl en omstandighede waaraan ons NIKS kan doen nie. Dit noop ons om baiekeer te reageer soos wat ons reageer.(Maar meer hieroor in ‘n latere blog….)

As mense sou terugdink aan jou… as watse mens dink jy sou hulle jou beskryf?

Ek verwag nie veel reaksie op hierdie vraag nie, want wat sê mens nou op dit….. JY behoort te weet…..

… en dink of dit is wat jy sou wou hê.. so nie… WERK daaraan!!!!