060302stray_mutt_byu_opinion.jpg

Deesdae.. met Steve se besigheid, sowel as die situasie in die “nuwe” SA, het ek op ‘n kol aan die dink gegaan….

Ons is baie gou om ons opinie te gee oor Steve, en veral oor Suid-Afrika en die situasie in ons land….

Moenie ‘n fout maak nie…ons het ‘n REG op ‘n opinie. Ons verkry dit ‘n daai stadium wat ons ons ouers HEL op aarde gee..

TIENER-STADIUM … Dis wanneer ons met ‘n skok tot die besef kom “Ek het ‘n reg op my EIE opinie!!” Ek HOEF nie te glo wat ma My kwytraak, of wat my Pa se idee van dissipline of reg en verkeerd is nie! Ek kan self besluit!!

  • EK besluit of ek nou wil gaan slaap of nie.
  • EK besluit of die God van die Bybel die korrekte ene is…
  • EK besluit wat ek dra… verkieslik brandnames… en so duur as moontlik.
  • EK besluit wie die regte maats vir my is.
  • EK besluit of sy regtig my sussie is, of net ‘n stuk vleis wat die hel uit my uit irriteer!
  • Ek besluit of MXIT van die duiwel af is….

ens… ens… ens…

Van daardie dag af wat ons “besluit” het ons kan self besluit, begin ons grootraak en ons identiteit in ‘n groot mate vorm…..

MAAR…… ongelukkig… iewers langs die pad, verloor baie van ons daardie eie opinie….

Dan raak ons deel van die massas…. ons opinie word VIR ons gevorm…. sonder dat ons dit eers agterkom….

Ek lees die koerant-opskrifte elke dag van al die misdaad in ons land(‘n voldwonge feit)….

Ek sien op die nuus hoe nog ‘n afgetrede paartjie in hulle huis vermoor is(‘n voldwonge feit)

Ons sien op E-TV al die korrupsie in ons parlement(‘n voldwonge feit)

…let op dat erens… is iemand besig om ons opinie te vorm….

Ons lees dat erens in die buiteland is NOG ‘n Suid Afrikaner vermoor…(‘n voldwonge feit)

Ons lees van die Taxibestuurder wat laatnag ‘n blanke paartjie, wie se motor op die R300 onklaar geraak het, na ‘n veiliger gebied neem tot hulle motor weer aan die gang is..(‘n voldwonge feit)

Ons lees van die wit man wat die swart gebied invaar en voor die voet ‘n klomp swartes doodskiet en wond(‘n voldwonge feit)

Reg…. nou kan ons al amper ‘n opinie vorm…. maar wie s’n is dit??

Al weet ons VOOR ons siel dat die pers en media NET gaan publiseer dit wat nuuswaardig is… met die gevolg dat ons net die negatiewe en lelike hoor…. maar dit daar gelaat….

Nou sit ons effens in ‘n dilemma…. ons weet min of meer wat ons opinie is, maar ons is nog nie HEELTEMAL seker nie….

Ons volgende stap is om ons gevormde opinie te staaf!!

AHA… die INTERNET!!! kom ons kyk!

http://www.akska.co.za

Yeps… geweet swartes wil ons net uitwis!!!

http://www.sagoodnews.co.za/

Wie kan anyway glo wat hulle als kwytraak…

http://www.housing.gov.za/

JA… nes ek gedink het…. gee net als weg!!

http://www.southafricablog.co.za/

Geez!! get a life…..

http://www.christianaction.org.za/firearmnews/2004-03_Thefarmmurderplague.htm

 

Ek het geweet!!!!

 

http://www.siener.co.za/std_view.php?theme=Red&id=52

 

Ja…. Siener was reg!!!!

 

http://www.worldnetdaily.com/news/article.asp?ARTICLE_ID=37010

 

Kon julle gese het…!!!!

 

Reg.. my opinie is gevorm…..

 

Net gou ‘n laaste bevestiging…. my vriende en familie!!!!

…. na kort gesprek is dit bevestig….. Suid Afrika is vaaktap en ons blankes sal moet uit!!!

 

DIS JOU opinie???? Sit maar… geen verdere vrae….

 

Onthou net… wat jy ookal van hierdie punt af lees of kyk..gaan jou opinie bevestig of weerspreek… so kies mooi!

 

Dit klink miskien of ek ligtelik omgaan met hierdie kwessies, maar Suid Afrika, hopeloos of redbaar is nie my punt nie.

 

My punt is ons opinies……en hoe ons daarby uitkom.

 

Om terug te keer na die SA situasie….

 

Ek is (amper) 45, waarvan ek 23 jaar al my eie plek besit en 20 jaar getroud is.

In hierdie 23 jaar is ek:

  • Nog NOOIT beroof nie
  • Nog nooit gedreig nie
  • Het ek nog nooit ‘n inbraak ervaar nie
  • Was NIEMAND van my vriende of familie of kennisse ooit deur swartes gedreig, aangeval of beroof nie
  • Het ek paar male per ongeluk…in die Kaapse Skiereiland met ‘n oop voordeur geslaap…
  • Is daar nooit by enige van my voertuie ingebreek nie

ens… ens… ens…

 

…noem dit maar geluk… noem dit God se wakende hand… noem dit wat jy wil…..

 

DIT beinvloed my opinie…

 

Nie wat my Blog-maats dink nie

Nie wat die koerante publiseer nie

Nie wat die media opdis nie.

 

Nou wat is JOU opinie , nie net oor SA nie, maar ook oor Gay huwelike, Aborsie, Steve Hofmeyr, Jurie Els, Eskom ens….

 

Maak seker dis JOU opinie en nie die van die pers of ‘n groeps-opinie nie.

 

Jy is geregtig daarop.

 

Net soos met Christenskap, is daar SO BAIE van ons wat nie weet hoekom ons doen wat ons doen nie!!

Ek weet… eerste reaksie is “jou gat!” en “jy is nie deur wat ek deur is nie” en “wag maar tot jy aangerand word”

 

Dis als fine… my punt is net om seker te maak dat die opinie (oor wat ookal) wat jy het,

 

JOUNE is, en nie die media, jou vriende, jou Dominee, of wie s’n ookal is nie…. dit moet joune wees.

 

My probleem daarmee is dat soveel van ons gaan agter die tendens aan…. gaan agter die neiging aan(dis hoekom almal Crocs dra)btw… ek sit en tik hier met Crocs aan… net omdat dit gemaklik is, maar NIE omdat die mense sê dis so gemaklik nie.🙂

  • Die mense sê jy drink rooiwyn saam met rooi vleis, en wit wyn saam met wit vleis… Wat is JOU opinie?
  • Ons is geleer.. Lees jou Bybel, Bid elke dag!…. Wat is JOU opinie?
  • Ons vermoed… as jy Platterfuss lees, sal jy later soos sy praat….. Wat is JOU opinie?(BTW.. dit sal ‘n verbetering wees vir sommiges)
  • As jy kougom insluk, sal jou derms knoop…. wat is JOU opinie?

Wees wat JY voel jy moet wees, en neem jou besluite en standpunte dienoorkomstig..

 

En as jy verskil van my en dink ek is ‘n pleb… laat dit JOU opinie wees… sonder om bevestiging te soek…dis jou REG om te verskil.

 

 

Groetnis

cartoon-correct-opiniongif.png