Wat is geluk?

As enigiemand jou sou vra ” Is jy waarlik gelukkig?” Wat sou jy antwoord…???

Dink daaroor… voor jy verder lees, en antwoord jouself……

Die instinktiewe antwoord is baiekeer “Ja”… maar jy weet soms jok jy….

As iemand dit vra, dan dink mens soms daaraan dat as hierdie ‘n geslote, geheime vraag was, sou die antwoord “Nee” moes wees. Mens dink onwillekeurig aan die invloed wat jou antwoord op jou man/vrou/verloofde/maat sal wees.

Dit kan egter onderverdeel word. Geluk in:

  • Jou Huwelik
  • Jou liefdeslewe
  • Jou persoonlike gevoelens
  • Jou menswees
  • Jou Christelike lewe
  • Jou werk
  • Jou persoonlike oorwinnings
  • Jou prestasies ens…

Baiekeer is daar verskillende antwoorde op verskillende aspekte van jou lewe.

Baie MIN mense is waarlik gelukkig…. nie noodwendig SONDER probleme nie, maar gelukkig ten spyte daarvan……

Dis die mense wat loop en kla oor die geringste dingetjie wat verkeerd loop in hulle huwelik, hulle werk, hulle gesondheid.

Die ironie is dat ons die skepper van ons eie geluk is…..

As jy ongelukkig is, is dit omdat jy dit so verkies. Jy verkies om in jou omstandighede te bly. Jy verkies om besluite te neem wat jou geluk bepaal. As jy kyk na die dinge waaroor jy ongelukkig is sal jy sien.

  • “Ja maar jy weet nie hoe selfsugtig is MY man nie!!” JY is die een wat verkies om niks daaraan te doen nie..
  • “Ja maar jy weet nie van hartseer wat die Here oor MY pad laat kom het nie! – JY is die een wat nie luister wat HY jou probeer leer nie.
  • “Ja maar jy weet nie hoe moeilik MY kind is nie!” – JY is die een wat jou kind gebaar en opgevoed het… jou kind is in ‘n baie groot mate hoe JY hom/haar gevorm het…
  • “Ja maar jy weet nie hoe dit voel om aan depressie te ly nie” – JY is die een wat nie weet waar jy veronderstel is om jou krag vandaan te kry nie…
  • “Ja maar jy weet nie hoe min MY vrou in seks belangstel nie” – JY is die een wat veronderstel is om jou vrou soos ‘n vrou te laat voel… dan SAL sy haar gevoelens wys…

So kan mens aangaan en aangaan. Die slotsom?? JY bepaal jou eie geluk. JY kies hoe jy jou verhoudings en lewe wil hanteer. Dis hoekom Paulus in die tronk kon sit en sing dat ander hom moes stilmaak….. Dit was die manier wat hy dinge benader en gesien het.

As jy jou ongelukkig is, is dit jou keuse…. as jy dit verkies, sal jy ongelukkig wees. Andersins sal jy gelukkig wees ten spyte van siekte, ongelukkige huwelik, swak finansies. Geluk kom van binne, en as jy jou ongelukkigheid in geluk wil verander… verander jou denke.

Is jy gelukkig?

As we grow up, we learn that even the one person that wasn’t supposed to ever let you down probably will.

You will have your heart broken probably more than once and it’s harder every time.

You’ll break hearts too, so remember how it felt when yours was broken.

You’ll fight with your best friend. You’ll blame a new love for things an old one did.

You’ll cry because time is passing too fast, and you’ll eventually lose someone you love.

So take too many pictures, laugh too much, and love like you’ve never been hurt because

every sixty seconds you spend upset is a minute of happiness you’ll never get back.

Don’t be afraid that your life will end, be afraid that it will never begin.
~anonymous~