Ons het almal maar daai klein goedjies in die lewe wat ons dag summier omkrap… soos die foon wat 4-uur in die oggend lui, en dan is dit iemand wat met Ntlebuli wil praat…
Ek lys hier ‘n paar van die dinge wat my terstond die josie in maak. :-)
  • Jy moet sonbrille aanpas met daardie verdomde stupid plastiek dingetjie in die middel…..
  • Iemand wat sy trollie in jou hakskeen vas stoot… wurm!!!
  • ’n Hysbak wat by elke 2de vloer stop… en NIEMAND klim op of af nie…
  • Daar’s alewig ’n kar op jou gat as jy soek na ’n adres….
  • Die blessitse rooi lyntjie op die Band-Aid maak notterdêm die pleister oop nie….
  • ’n Hond in die buurt wat verdomp vir ALLES blaf!
  • As jy iets uit ‘’n boks gehaal het, kry jy dit NOOIT weer terug dat dit op dieselfde manier inpas nie…
  • Daar’s verdomp ALTYD een of twee ysblokkies wat nie uit die ysbakkie wil uitval nie….
  • Jy vergeet per ongeluk ’n papier of tissue in jou sak as jy die klere in die was gooi en ALLES kom uit die was uit met wit goedjies op….
  • Jy sit en wag en luister om te hoor wie die liedjie gesing het op die radio… en hulle sê nie…
  • Mense agter jou in die ry hol vir die “till” wat nou net voor jou oopgegaan het…
  • Jy kan nie die korrekte spelling van ’n woord in die woordeboek kry nie, want jy weet nie hoe mens dit spel nie!!
  • Jy moet vir 6 mense in die winkel sê.. “Ek kyk maar net”
  • As jy dit kry wat jy soek in die winkel… dan het die verdomde ding nie ’n prys op nie..
  • Jy het NOU NET die blessitse pen in jou hand gehad… nou is hy weg!!
  • Jy buk onder die tafel in om iets op te tel en dan kap jy wragtig jou kop op pad op…
  • Jy staan op om iets te loop haal… en dan kom jy terug met alles behalwe dit waarvoor jy in die eerste plek opgestaan het….
  • Op die dag NET na jou groot partytjie… kom die bediende nie uit nie…
  • Net nadat jy ’n hele hand vol tjips in jou mond gesit het… lui die foon…
  • Tant Katrien van Oom Gert aan Ouma Tokkie se kant dring aan daarop om jou so papmond-soen te gee…oppie mond…
  • Waar de hel IS die ANDER kous anyway????
  • Sodra jy ‘n boks met altwee hande by twee stelle trappe opdra… begin jy op die snaaksste plekke jeuk, en jy kannie krap nie…soos bv. jou oor… ;-)
  • Mense uit Amerika wat my mail om my mee te deel dat ek ‘n vooraf-goedgekeurde verband by hulle gekry het…
  • Mans in Speedo’s.. dit lyk nettie reg nie…
  • Mense wat nou nog nie lekker verstaan hoe ‘n ATM werk nie… dit voel mens wil hulle help knoppies druk!!
  • Laastens.. Mense wat in die chatroom elke week met ‘n nuwe Nickname vorendag kom en kastig “nuut” is… get a life…

Groetnis