Humor… my tweede gunsteling tydverdryf.

Humor is die beste medisyne. Iemand het dit lank terug gese. Dit was nie ‘n vroumens nie, want dis die reine waarheid.

Min dinge kikker jou so op soos wat ‘n lekker lag dit kan doen. Ek praat nie nou van die “het julle hierdie een al gehoor!!” laggie nie.. Daarmee verloor jy te min kilojoules. Jou maagspiere begin skaars werk, dan is die snaaks verby.

Ek praat ook nie van die lag as jy sien daai mannetjie gaan NOU sy gat sien met daai baaisiekel… en DAAR is dit ook so nie!!! Jy giggel net bietjie….

Ek praat ook nie van die lag as iemand in ‘n toe patiodeur vasloop nie. Dis classic!!

Ek praat ook nie van die lag as ‘n ou tannie val nie… Geen disrespek teenoor ons seniors nie, maar dis meestal skreeusnaaks!! – (Dis nou as hulle nie seerkry nie!!)

Ek praat van DAAI lag…. soos as die regte ding op presies die regte oomblik gese word…

Eers kry jy so effense kramp op jou maag… dan slat jou asem weg… nog voor jy begin lag het… dan skep jy asem en jy lag… hier DIEP uit jou binneste uit dat jy dadelik begin rooi word in die gesig en jou oΓ« begin traan.. jy lag… jy kry later nie meer asem nie, en jy voel NOU kan ek maar op die grond val(en jy doen dit!!) … dan besef jy… as ek nie nou ophou nie, dan dood ek!! Jou maag pyn… jy kannie uit jou oΓ« uit sien nie, jou gesig gloei. Selfs 10 minute na die tyd raak jy weer spontaan aan die lag.

DAARDIE is die lag wat die kilojoules verbrand!!

Ons lag te min so….

Enige situasie wat ek sou probeer skep om jou so te laat lag sal flop… dis NOOIT agterna so snaaks nie..

Tolla v.d. Merwe het daai SNAAKS in ‘n groot mate tot sy reg laat kom… Jy kon jouself vereenselwig met sy stories.

Rerig snaaks wees, is ‘n kuns..

Snaaks wees is nie grappies vertel nie.

Snaaks wees is nie praat soos Mandela nie.

Die lyn tussen snaaks wees en jou naam gat maak, is bitter dun.

Snaaks wees is harde werk. Vra enige komediant.Ek was bevooreg om vir jare lank op die verhoog en paar keer op radio opgetree as komediant, saam met mense soos Oom Tooitjie(Bruwer Engelbrecht), Pip Friedman(‘n Meester!) en nog vele ander. Daar is faktore soos jou tipe gehoor te lees, aktueel wees, snaaks wees sonder om simpel te wees, samewerking en interaksie met die gehoor en sulke dinge.

Meeste komediante is in wese ernstige mense. Sensitiewe, optimiste wat eerder die snaaks as die hartseer in situasies sien. Wat eerder die positiewe as die negatiewe in dinge sien. Wat verkies om eerder te lag as te huil. Alleen mense, wat verkies om te sit en dink oor hoe om ander te laat lag en vreugde te bring eerder as om negatiwiteit te versprei. Die tipiese nar, met ‘n traan scenario. Daarom is die meeste eintlik ernstig en stil weg van die verhoog af.

Dit bring my by my volgende punt. Een waaraan ek ‘n kleintjie dood het.

Mense wat dink hulle is snaaks.😦

Ons Suid Afrikaners is maar so. Ons is, lyk my, van nature snaaks, maar ek dink sommige van ons oorskat onsself!!

Ek onthou toe ek in standerd 4 was. (Niks het gebeur nie, ek onthou dit net.)

Hierdie lyn hierbo is BAIE snaaks. MITS hy in die regte situasie en buite konteks gebruik word.

Anders is dit net bloot ‘n stupid stelling. Die verskil tussen iemand wat snaaks is, en wat probeer snaaks wees, is die vermoΓ« om daardie sin NET op die regte tyd uit te bring .

Dan kry jy ons ander braaivleis komediante wat die heel aand loop en grappe vertel, en vermoed hulle is die volgende Barry Hilton of Steven Wright. Ons manne, en ek sluit myself eerste in, geniet die braaivleis grappe, en hulle het ‘n definitiewe plek in ons Suid Afrikaanse opset, maar daar kom ‘n tyd wanner ons nou klaar is met grappies vertel, en begin gesels oor ernstiger dinge, soos die paroolstelsel en die invloed van Paris Hilton daarop. Dan sal hierdie man aangaan en jou vir die vierde keer wil vertel dat hy met die duiwel se suster getroud is…

Dissie meer snaaks nie. Ek dink dis hoekom ons kleintyd al se …”Moenie dink jy’s snaaks nie”

NS:Hierdie “ontlading” van my, was na aanleiding van gesprek met ‘n vriend van my, so as jy daar van hou, mooi man!! – en as jy nie daarvan hou nie… Moenie dink jy’s snaaks nie!!!

Groetnis