opinion.jpg

Wat ‘n depressing onderwerp Geez!!!!

Maar my vraag is nie soos gewoonlik: Waar gaan jy jou ogies oopmaak nie.(Alhoewel dit lewensbelangrik is….. )

Die vraag wat ek wil stel is….

Waarvoor gaan jy onthou word??????

Ons almal het baie kennisse, maar ek dink as jy jouself wil leer ken, moet jy hoor wat daardie kennisse van jou sê as hulle terugdink aan jou.

Ons is baiekeer so opgevang in ons “issues”…..(en nee… ek pik nie op jou nie…snaaks dat jy daaraan dink :-) ) dat ons vergeet wat die invloed is wat ons het op die mense rondom ons….

Ek het dit by my seuntjie geleer….. dit wat ek sê… glo hy….

Dit wat jy baiekeer uit moedeloosheid of radeloosheid kwytraak….dit GLO jou kennisse….

DIT is wat jy uitstraal… sonder dat jy dit miskien agterkom….

As jy terugdink aan enige van jou vriende vriendinne, is daar gewoonlik ‘n tipe “algemene” opinie wat jy van hulle het…

Die een “moan oor als”…. die ander een “kla gedurig oor geld”… die ander een het “soveel issues, dis nie meer snaaks nie”… die ander een het gedurig “een of ander kwaal”… die een “kan nooit iets goed oor iemand sê nie”.

DIT is wat hulle(julle) uitgestraal het of die algemene indruk wat jy kry oor hulle.

Ek dink baie van ons is vasgevang in ‘n lewensstyl en omstandighede waaraan ons NIKS kan doen nie. Dit noop ons om baiekeer te reageer soos wat ons reageer.(Maar meer hieroor in ‘n latere blog….)

As mense sou terugdink aan jou… as watse mens dink jy sou hulle jou beskryf?

Ek verwag nie veel reaksie op hierdie vraag nie, want wat sê mens nou op dit….. JY behoort te weet…..

… en dink of dit is wat jy sou wou hê.. so nie… WERK daaraan!!!!

chicken_hypo.jpg

Eers 10 goet wat my af-urineer (klink minder anglisismies en stupider)

In GEEN spesifieke volgorde nie:

  1. Verkoopspersoneel wat nie geen koekien kennis het van hulle produkte nie. Mens stap baiekeer in ‘n winkel in en dan het hulle nie ‘n idee waarvan jy praat totdat jy die item aan hulle uitwys nie. Selfs dan weet die meeste nie hoe die ding werk nie.
  2. Tannies wat staan en verlore tyd opmaak in die winkelgangetjie sodat geen mens kan verbygaan nie. Dankie tannie… maar as jy hom 20 cm. vorentoe skuif sodat jy binne skinderafstand bly kan ek nog STEEDS nie deur nie.
  3. Mens wat geen opinie van hulle eie het nie. Dis nou daai lot wat in Jesus glo omdat hulle ouers en voorouers so geglo het, sonder dat hulle self gaan kniel het by die kruis.
  4. Iemand wat vir my lieg. Daar is eintlik nie ‘n verskoning vir dit nie…. As jy my respekteer of my vriend is, SAL jy nie…
  5. Mense wat e-posse aanstuur sonder om 48 fwd’s uit die e-pos uit te haal. Geez… dit vat nie eers ‘n minuut nie! (en terloops… Jesus het nie ‘n kettinggebed nodig wat ek MOET forward voor dit werk nie.)
  6. Mense wat my tyd mors. My tyd is NIE belangriker as enigiemand anders s’n nie, maar regtigwaar…. ek stel nie belang in hoe gereeld almal jou tenakom nie, en asseblief.. as jy nounog nie weet hoe Google werk nie, klim van die Internet af….
  7. Mense wat hulle eie belangrikheid oorskat. Nee, ek weet nie wie jy is nie, en staan ma agter in die ry soos ons almal. BTW… sit sommer die selfoon weg as ek besig is om met jou te gesels….ja, Mxit kan maar wag, en forward die sms vir my as hy so goed is!
  8. Telebemarkers. Ek WEET dis hulle werk, ma genuine…. as ek iets nodig het gaan ek nie wag dat iemand my bel sodat ek dit ook kan kry nie…….
  9. Onjuiste TV skedules…. Ek kyk so min tv, dat as ek iets record wat ek graag wil kyk, soek ek nie ‘n dokumenter oor die voortplanting van die Muskeljaatkat in Oos-Afrika nie…….
  10. Hulplyn bemanners wat nie engels of afrikaans magtig is nie. Dis futiel om aan so iemand te probeer verduidelik dat daar lyngeraas op jou gehoorstuk is wanner jy plaaslike oproepe maak….. help nie eers jy begin spel nie.

Ek het eintlik nog nie genoeg geblog om 5 gunsteling “posts” te kies nie… maar hier volg my skakellys:

Groetnis

starving_hotdog.jpg