You are currently browsing the category archive for the 'Sosiaal' category.
Wat ‘n depressing onderwerp Geez!!!!
Maar my vraag is nie soos gewoonlik: Waar gaan jy jou ogies oopmaak nie.(Alhoewel dit lewensbelangrik is….. )
Die vraag wat ek wil stel is….
Waarvoor gaan jy onthou word??????
Ons almal het baie kennisse, maar ek dink as jy jouself wil leer ken, moet jy hoor wat daardie kennisse van jou sê as hulle terugdink aan jou.
Ons is baiekeer so opgevang in ons “issues”…..(en nee… ek pik nie op jou nie…snaaks dat jy daaraan dink
) dat ons vergeet wat die invloed is wat ons het op die mense rondom ons….
Ek het dit by my seuntjie geleer….. dit wat ek sê… glo hy….
Dit wat jy baiekeer uit moedeloosheid of radeloosheid kwytraak….dit GLO jou kennisse….
DIT is wat jy uitstraal… sonder dat jy dit miskien agterkom….
As jy terugdink aan enige van jou vriende vriendinne, is daar gewoonlik ‘n tipe “algemene” opinie wat jy van hulle het…
Die een “moan oor als”…. die ander een “kla gedurig oor geld”… die ander een het “soveel issues, dis nie meer snaaks nie”… die ander een het gedurig “een of ander kwaal”… die een “kan nooit iets goed oor iemand sê nie”.
DIT is wat hulle(julle) uitgestraal het of die algemene indruk wat jy kry oor hulle.
Ek dink baie van ons is vasgevang in ‘n lewensstyl en omstandighede waaraan ons NIKS kan doen nie. Dit noop ons om baiekeer te reageer soos wat ons reageer.(Maar meer hieroor in ‘n latere blog….)
As mense sou terugdink aan jou… as watse mens dink jy sou hulle jou beskryf?
Ek verwag nie veel reaksie op hierdie vraag nie, want wat sê mens nou op dit….. JY behoort te weet…..
… en dink of dit is wat jy sou wou hê.. so nie… WERK daaraan!!!!
Eers 10 goet wat my af-urineer (klink minder anglisismies en stupider)
In GEEN spesifieke volgorde nie:
- Verkoopspersoneel wat nie geen koekien kennis het van hulle produkte nie. Mens stap baiekeer in ‘n winkel in en dan het hulle nie ‘n idee waarvan jy praat totdat jy die item aan hulle uitwys nie. Selfs dan weet die meeste nie hoe die ding werk nie.
- Tannies wat staan en verlore tyd opmaak in die winkelgangetjie sodat geen mens kan verbygaan nie. Dankie tannie… maar as jy hom 20 cm. vorentoe skuif sodat jy binne skinderafstand bly kan ek nog STEEDS nie deur nie.
- Mens wat geen opinie van hulle eie het nie. Dis nou daai lot wat in Jesus glo omdat hulle ouers en voorouers so geglo het, sonder dat hulle self gaan kniel het by die kruis.
- Iemand wat vir my lieg. Daar is eintlik nie ‘n verskoning vir dit nie…. As jy my respekteer of my vriend is, SAL jy nie…
- Mense wat e-posse aanstuur sonder om 48 fwd’s uit die e-pos uit te haal. Geez… dit vat nie eers ‘n minuut nie! (en terloops… Jesus het nie ‘n kettinggebed nodig wat ek MOET forward voor dit werk nie.)
- Mense wat my tyd mors. My tyd is NIE belangriker as enigiemand anders s’n nie, maar regtigwaar…. ek stel nie belang in hoe gereeld almal jou tenakom nie, en asseblief.. as jy nounog nie weet hoe Google werk nie, klim van die Internet af….
- Mense wat hulle eie belangrikheid oorskat. Nee, ek weet nie wie jy is nie, en staan ma agter in die ry soos ons almal. BTW… sit sommer die selfoon weg as ek besig is om met jou te gesels….ja, Mxit kan maar wag, en forward die sms vir my as hy so goed is!
- Telebemarkers. Ek WEET dis hulle werk, ma genuine…. as ek iets nodig het gaan ek nie wag dat iemand my bel sodat ek dit ook kan kry nie…….
- Onjuiste TV skedules…. Ek kyk so min tv, dat as ek iets record wat ek graag wil kyk, soek ek nie ‘n dokumenter oor die voortplanting van die Muskeljaatkat in Oos-Afrika nie…….
- Hulplyn bemanners wat nie engels of afrikaans magtig is nie. Dis futiel om aan so iemand te probeer verduidelik dat daar lyngeraas op jou gehoorstuk is wanner jy plaaslike oproepe maak….. help nie eers jy begin spel nie.
Ek het eintlik nog nie genoeg geblog om 5 gunsteling “posts” te kies nie… maar hier volg my skakellys:
-
Anderkant van die spoor….
-
Geluk…
-
Vroumense…
-
Temalied uit “TIME” - The Musical…..
-
Moenie dink jy’s snaaks nie!!!
Groetnis
Deesdae.. met Steve se besigheid, sowel as die situasie in die “nuwe” SA, het ek op ‘n kol aan die dink gegaan….
Ons is baie gou om ons opinie te gee oor Steve, en veral oor Suid-Afrika en die situasie in ons land….
Moenie ‘n fout maak nie…ons het ‘n REG op ‘n opinie. Ons verkry dit ‘n daai stadium wat ons ons ouers HEL op aarde gee..
TIENER-STADIUM … Dis wanneer ons met ‘n skok tot die besef kom “Ek het ‘n reg op my EIE opinie!!” Ek HOEF nie te glo wat ma My kwytraak, of wat my Pa se idee van dissipline of reg en verkeerd is nie! Ek kan self besluit!!
- EK besluit of ek nou wil gaan slaap of nie.
- EK besluit of die God van die Bybel die korrekte ene is…
- EK besluit wat ek dra… verkieslik brandnames… en so duur as moontlik.
- EK besluit wie die regte maats vir my is.
- EK besluit of sy regtig my sussie is, of net ‘n stuk vleis wat die hel uit my uit irriteer!
- Ek besluit of MXIT van die duiwel af is….
ens… ens… ens…
Van daardie dag af wat ons “besluit” het ons kan self besluit, begin ons grootraak en ons identiteit in ‘n groot mate vorm…..
MAAR…… ongelukkig… iewers langs die pad, verloor baie van ons daardie eie opinie….
Dan raak ons deel van die massas…. ons opinie word VIR ons gevorm…. sonder dat ons dit eers agterkom….
Ek lees die koerant-opskrifte elke dag van al die misdaad in ons land(’n voldwonge feit)….
Ek sien op die nuus hoe nog ‘n afgetrede paartjie in hulle huis vermoor is(’n voldwonge feit)
Ons sien op E-TV al die korrupsie in ons parlement(’n voldwonge feit)
…let op dat erens… is iemand besig om ons opinie te vorm….
Ons lees dat erens in die buiteland is NOG ‘n Suid Afrikaner vermoor…(’n voldwonge feit)
Ons lees van die Taxibestuurder wat laatnag ‘n blanke paartjie, wie se motor op die R300 onklaar geraak het, na ‘n veiliger gebied neem tot hulle motor weer aan die gang is..(’n voldwonge feit)
Ons lees van die wit man wat die swart gebied invaar en voor die voet ‘n klomp swartes doodskiet en wond(’n voldwonge feit)
Reg…. nou kan ons al amper ‘n opinie vorm…. maar wie s’n is dit??
Al weet ons VOOR ons siel dat die pers en media NET gaan publiseer dit wat nuuswaardig is… met die gevolg dat ons net die negatiewe en lelike hoor…. maar dit daar gelaat….
Nou sit ons effens in ‘n dilemma…. ons weet min of meer wat ons opinie is, maar ons is nog nie HEELTEMAL seker nie….
Ons volgende stap is om ons gevormde opinie te staaf!!
AHA… die INTERNET!!! kom ons kyk!
Yeps… geweet swartes wil ons net uitwis!!!
Wie kan anyway glo wat hulle als kwytraak…
JA… nes ek gedink het…. gee net als weg!!
http://www.southafricablog.co.za/
Geez!! get a life…..
http://www.christianaction.org.za/firearmnews/2004-03_Thefarmmurderplague.htm
Ek het geweet!!!!
http://www.siener.co.za/std_view.php?theme=Red&id=52
Ja…. Siener was reg!!!!
http://www.worldnetdaily.com/news/article.asp?ARTICLE_ID=37010
Kon julle gese het…!!!!
Reg.. my opinie is gevorm…..
Net gou ‘n laaste bevestiging…. my vriende en familie!!!!
…. na kort gesprek is dit bevestig….. Suid Afrika is vaaktap en ons blankes sal moet uit!!!
DIS JOU opinie???? Sit maar… geen verdere vrae….
Onthou net… wat jy ookal van hierdie punt af lees of kyk..gaan jou opinie bevestig of weerspreek… so kies mooi!
Dit klink miskien of ek ligtelik omgaan met hierdie kwessies, maar Suid Afrika, hopeloos of redbaar is nie my punt nie.
My punt is ons opinies……en hoe ons daarby uitkom.
Om terug te keer na die SA situasie….
Ek is (amper) 45, waarvan ek 23 jaar al my eie plek besit en 20 jaar getroud is.
In hierdie 23 jaar is ek:
- Nog NOOIT beroof nie
- Nog nooit gedreig nie
- Het ek nog nooit ‘n inbraak ervaar nie
- Was NIEMAND van my vriende of familie of kennisse ooit deur swartes gedreig, aangeval of beroof nie
- Het ek paar male per ongeluk…in die Kaapse Skiereiland met ‘n oop voordeur geslaap…
- Is daar nooit by enige van my voertuie ingebreek nie
ens… ens… ens…
…noem dit maar geluk… noem dit God se wakende hand… noem dit wat jy wil…..
DIT beinvloed my opinie…
Nie wat my Blog-maats dink nie
Nie wat die koerante publiseer nie
Nie wat die media opdis nie.
Nou wat is JOU opinie , nie net oor SA nie, maar ook oor Gay huwelike, Aborsie, Steve Hofmeyr, Jurie Els, Eskom ens….
Maak seker dis JOU opinie en nie die van die pers of ‘n groeps-opinie nie.
Jy is geregtig daarop.
Net soos met Christenskap, is daar SO BAIE van ons wat nie weet hoekom ons doen wat ons doen nie!!
Ek weet… eerste reaksie is “jou gat!” en “jy is nie deur wat ek deur is nie” en “wag maar tot jy aangerand word”
Dis als fine… my punt is net om seker te maak dat die opinie (oor wat ookal) wat jy het,
JOUNE is, en nie die media, jou vriende, jou Dominee, of wie s’n ookal is nie…. dit moet joune wees.
My probleem daarmee is dat soveel van ons gaan agter die tendens aan…. gaan agter die neiging aan(dis hoekom almal Crocs dra)btw… ek sit en tik hier met Crocs aan… net omdat dit gemaklik is, maar NIE omdat die mense sê dis so gemaklik nie.
- Die mense sê jy drink rooiwyn saam met rooi vleis, en wit wyn saam met wit vleis… Wat is JOU opinie?
- Ons is geleer.. Lees jou Bybel, Bid elke dag!…. Wat is JOU opinie?
- Ons vermoed… as jy Platterfuss lees, sal jy later soos sy praat….. Wat is JOU opinie?(BTW.. dit sal ‘n verbetering wees vir sommiges)
- As jy kougom insluk, sal jou derms knoop…. wat is JOU opinie?
Wees wat JY voel jy moet wees, en neem jou besluite en standpunte dienoorkomstig..
En as jy verskil van my en dink ek is ‘n pleb… laat dit JOU opinie wees… sonder om bevestiging te soek…dis jou REG om te verskil.
Groetnis
Toe ek klein was, het my ma vir my gesê… meng jou met die semels, dan vreet die varke jou op…. ek het.. hulle hettie… sy’t gejok…
Of so dink ek… Ons mense is deesdae so behep met ons sogenaamde “status”…
Waar bly julle?
Hoeveel kamers het julle huis?
Watse kar ry julle?
Watse werk doen jou man?
Watse werk doen jou vrou?
… en dan wat??
Dan plaas ek jou erens in ‘n kategorie bo, of onder my. Dit bepaal hoe ek jou gaan behandel, hoe ek teenoor jou gaan optree, en of ek hoegenaamd gaan meng met jou…
Ek sê hierdie dinge so nimmer as te nooit hardop nie…. net hier diep binnekant my bevestig ek dit vir myself…. hulle is van die anderkant van die spoor…. hulle issie so ryk soos ons nie….en sal ook nooit wees nie want hulle is te verdomp sleg!!!
Geen manier dat hulle op die skoolraad kan dien nie. G’n manier dat hulle op enige komitee sal kan dien nie. Te dom as jy my vra….
Hulle gat ons aftrek na hulle vlak toe as ons meng…
Ons het al by sulke mense gebraai…. Phleg!!!! Hulle drink Castle en hettie DSTV nie… die arme kinders moes die heel middag buite speel in die yard. Paadjies maak, karretjies speel, bruggies bou… innie sand…. Niks Cartoon Network nie… Kan jy dit glo? Waar gat die wereld heen?
Ons MOES hulle (ook maar net oor ons ordentlik opgevoed is) desnoods eendag oornooi vir ‘n braai. What a waste!!
Kan jy nou vir ‘n halfuur lank moet aanhoor… “O.. dis pragtig”, “O dis te mooi” Tsk.. as hulle nie so verdomp hopeloos was nie kon hulle ook al daai goed al gehad het. En die arme kinders… my aarde… kan jy glo hulle weet nie hoe die internet werk nie? Nog minder ‘n XBOX-360!! Na ‘n halfuur, terwyl daar dvd’s, xbox, rekenaars, DSTV en ALS is… is hulle kwansuis verveeld. Red nou ‘n nasie met so ‘n volk. Te maklik grootgeword as jy my vra. G’n wonder die bloedjies sukkel so op skool nie. Aan die ander kant… hulle kan seker nie help dat hulle van die”onderdorp” af is nie.
Anderster mense daai ai!
Hulle karre het almal name… Duifie, en Loeloes, Gedroggie en so fletter hulle voort…
Hulle besoek kermisse en eet hulle dik aan pannekoek.
Hulle gaan Vrydag-aande dans by die kerksaal.
Hulle speel saans kaart en Monopoly.
Hulle trek hulleself snaaks aan en dan lag hulle vir mekaar.
Hulle versorg hulle bure se dogtertjie wat kroep het.
Hulle maak alke aand ‘n ekstra bord kos vir die tannie oorkant die pad wat in ‘n rolstoel is.
Party Sondae middae sit hulle in die tuin en kyk hoe die nuwe ertjierank begin uitloop.
Hulle kyk of die 2 kleintjies in die duif se nes nog oraait is…
Hulle speel vir ure lank met ‘n vuil poedel wat se hare al aanmekaar knoop.
Hulle verf almal saam aan die nuwe pophuis wat Oupa vir sussie gebou het.
Saans sit almal saam om die tafel en eet, en hou huisgodsdiens.
Sondae, na kerk en katkisasie, maak die ma poeding, vir saam met die ete.
Elke keer as iemand verjaar is dit ‘n paartie met koek en kerse en linte en ballonne en rooikoeldrank.
Hulle gaan Saterdae Mall toe en loer en wonder wat Kersfeesvader gaan bring…
Ja nee… ek het gemeng met daai lot…. en soveel kere gewens ek kan vir ewig aan die anderkant van die spoor bly….

Wat is geluk?
As enigiemand jou sou vra ” Is jy waarlik gelukkig?” Wat sou jy antwoord…???
Dink daaroor… voor jy verder lees, en antwoord jouself……
Die instinktiewe antwoord is baiekeer “Ja”… maar jy weet soms jok jy….
As iemand dit vra, dan dink mens soms daaraan dat as hierdie ‘n geslote, geheime vraag was, sou die antwoord “Nee” moes wees. Mens dink onwillekeurig aan die invloed wat jou antwoord op jou man/vrou/verloofde/maat sal wees.
Dit kan egter onderverdeel word. Geluk in:
- Jou Huwelik
- Jou liefdeslewe
- Jou persoonlike gevoelens
- Jou menswees
- Jou Christelike lewe
- Jou werk
- Jou persoonlike oorwinnings
- Jou prestasies ens…
Baiekeer is daar verskillende antwoorde op verskillende aspekte van jou lewe.
Baie MIN mense is waarlik gelukkig…. nie noodwendig SONDER probleme nie, maar gelukkig ten spyte daarvan……
Dis die mense wat loop en kla oor die geringste dingetjie wat verkeerd loop in hulle huwelik, hulle werk, hulle gesondheid.
Die ironie is dat ons die skepper van ons eie geluk is…..
As jy ongelukkig is, is dit omdat jy dit so verkies. Jy verkies om in jou omstandighede te bly. Jy verkies om besluite te neem wat jou geluk bepaal. As jy kyk na die dinge waaroor jy ongelukkig is sal jy sien.
- “Ja maar jy weet nie hoe selfsugtig is MY man nie!!” JY is die een wat verkies om niks daaraan te doen nie..
- “Ja maar jy weet nie van hartseer wat die Here oor MY pad laat kom het nie! - JY is die een wat nie luister wat HY jou probeer leer nie.
- “Ja maar jy weet nie hoe moeilik MY kind is nie!” - JY is die een wat jou kind gebaar en opgevoed het… jou kind is in ‘n baie groot mate hoe JY hom/haar gevorm het…
- “Ja maar jy weet nie hoe dit voel om aan depressie te ly nie” - JY is die een wat nie weet waar jy veronderstel is om jou krag vandaan te kry nie…
- “Ja maar jy weet nie hoe min MY vrou in seks belangstel nie” - JY is die een wat veronderstel is om jou vrou soos ‘n vrou te laat voel… dan SAL sy haar gevoelens wys…
So kan mens aangaan en aangaan. Die slotsom?? JY bepaal jou eie geluk. JY kies hoe jy jou verhoudings en lewe wil hanteer. Dis hoekom Paulus in die tronk kon sit en sing dat ander hom moes stilmaak….. Dit was die manier wat hy dinge benader en gesien het.
As jy jou ongelukkig is, is dit jou keuse…. as jy dit verkies, sal jy ongelukkig wees. Andersins sal jy gelukkig wees ten spyte van siekte, ongelukkige huwelik, swak finansies. Geluk kom van binne, en as jy jou ongelukkigheid in geluk wil verander… verander jou denke.
Is jy gelukkig?
As we grow up, we learn that even the one person that wasn’t supposed to ever let you down probably will.
You will have your heart broken probably more than once and it’s harder every time.
You’ll break hearts too, so remember how it felt when yours was broken.
You’ll fight with your best friend. You’ll blame a new love for things an old one did.
You’ll cry because time is passing too fast, and you’ll eventually lose someone you love.
So take too many pictures, laugh too much, and love like you’ve never been hurt because
every sixty seconds you spend upset is a minute of happiness you’ll never get back.
Don’t be afraid that your life will end, be afraid that it will never begin.
~anonymous~

Vroumense!!
Anderster spesie daai… Kyk.. ek begeef my nou in ‘n area in wat redelik fataal kan wees. Dit maak nie saak HOE ek dit stel nie…. daar gaan ‘n paar wees wat van die dinge verkeerd gaan opneem. Hulle kan nie help nie… dis in hulle gene…
My pa het altyd vir my gesê “Seun… Mens vertrou NOOIT ‘n ding wat vir 3 dae bloei, en NIE vrek nie .”
Nou dit sorteer die vertrou deel uit, maar die res….
Kyk het nou mos laas week my 20ste huweliks-herdenking oorleef. Daaroor was ek ook in die moeilikheid, alhoewel ek dit WEL onthou het, maar nou ja…. Jy sien.. LOGIKA bestaan nie in ‘n vroumens se daaglikse omgang met die wêreld rondom haar nie. Hulle maak mos staat op intuisie, en voorgevoel en IETSE wat dit dit vir hulle sê…
IETS sê mos vir hulle hulle moet daai paar geel skoene NOU koop, terwyl dit nou op “special” is vir R800.00, afgemerk vanaf R810.00. Dis mos die laaste paar soos daai in Suid Afrika, anders sal sy hulle uit Dubai uit moet kry en weet ek dit dan nie. (Nee.. ek weet dit nie, en logika sê vir my loop “google” geel skoene, dan sal jy sien daar is NOG beteres vir NOG goedkoper. Maar dan sal hulle moet logies dink… gattie werkie… Stap 2, is ‘n broek wat by die skoene pas, Stap 3, ‘n top wat by die broek pas. Stap 4, ‘n paar GOUE skoene wat by die top pas, want dan kan sy dit aantrek by haar ander broeke ook. Slat my dood. Ek het geleer. HOU JOU BEK vlak voor stap 2. Dit werk net beter uit. Sê maar net “Ja dit lyk mooi”, en glimlag vriendelik. Enigiets anders GAAN teen jou gehou word, en ‘n R800.00 paar skoene omsit in kalmeermiddels ter waarde van R1500.00. Dis nettie dit werd nie… Geel skoene is kwaai… Regtig…
Om terug te kom op my oorspronklike storie… vroumense…. Kyk, in die 20 jaar van getroud wees het ek uit die aard van my werk en vriendekring BAIE geleer van die spesie…
Een ding wat ek hulle moet toegee… hulle is STERK.
Kyk ons mans is self nie te swak nie, maar vroumense is op ‘n heel ander manier sterk. Ek glo dat as ons mans moes kinders baar, sou jy NOOIT in jou dag des lewens die probleem gehad het van ‘n bevolkingsontploffing nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie… Ons mans is sterk… ons tel bitter swaar goeters op, en ons maak groot bottels chutney en beet oop wat die vroumense notterdêm kan oopkry nie. Ons skiet wilde diere, en haal karre uitmekaar uit en speel rugby!! Maar kinders baar??? Nee magtig ons moet êrens die streep trek! Kyk ek sal van hoë mure af spring, voor ‘n kar in hol as dit moet, maar kinders baar?? Nopes…. Kyk.. dis nie dat ons mans nie kan pyn vat nie. Ons sal in ons poging om ‘n hok vir die voël te bou(omdat logika sê dis goedkoper om die ding te bou) ons self raak saag met ‘n ystersaag dat die bloed loop. Dis seer… dis pyn, maar dis niks… ons is eintlik die hel in omdat die wond die hele verdomde wêreld vol bloei, en ons gholf handicap ‘n helse vet klap gee… maar kraampyn…. nee dankie… Hulle sê die pyn van kraam kan jy as volg omskryf… Vat jou onderlip lekker stewig tussen jou twee duime en voorvingers vas…. en dan trek jy vir hom bo-oor jou kop!!!! Nopes.. nee dankie.. as ek soveel pyn wil hê, dan loop koop ek vir my ‘n Jurie Els cd…
Die ironie is… as jy bystaan met die geboorte, en jy sien jou vrou daar terwyl hulle probeer om haar ingewande met ‘n ding wat soos ‘n braaitang lyk te probeer omdolwe, en as sy jou klaar daar gelê en uitskel het oor iets wat jy 10 jaar terug gesê het… as daai kleintjie in haar arms lê… dan smile en lag sy…. Ek sou NIE!! Ek sou laaankal uitgepass het. En nee… ek is nie ‘n swakkeling nie…maar wragtig ook nie ‘n “stuntman” nie… Kyk.. ek distansieer my GLADNIE van die hele kinders voortbring besigheid af nie… ek het immers OOK darem my deel bygedra, maar kinders baar?? hou verby… En dan sien hulle wragtig agterna kans vir NOG!!….. aan die ander kant…. ek is bereid om WEER my deel by te dra..

Maar ek dink waar vroumense ons baiekeer een voor is, is in emosionele sterkte….
Kyk ek weet dat as by vrou laas week in ‘n ongeluk was… met een been gespalk en stut om die nek, dan sal WRAGTIG nog kans sien om die mense oorkant die pad te gaan troos oor ‘n kind wat siek is, of ‘n ouma wat oorlede is. Moet my nie verkeerd verstaan nie.. Ons mans is ook emosioneel sterk.. (Veral as jy a.g.v. geboortegrond ‘n Stormers ondersteuner moet wees) Ons kan ook troos, en mooi woordjies sê soos “Ai weet jy…” en “Daar’s ‘n doel met alles..” maar ek dink heimlik wonder ons of ons nou die bier in die yskas gesit het, of staan hy nog bo-op die tafel…. Dis nie dat ons nie meegevoel het nie, maar logika sê “shit happens… get over it” Ons bedoel dit nie lelik nie, maar ons kan nie lekker omskryf hoe kak ons oor die hele besigheid voel nie…. Dis vroumense se sterk punt… hulle sal troos, en moed inpraat en ondersteun lank nadat ons reeds ons emosies onderdruk het. Emosies openbaar laat ons mans kwesbaar voel… en ons willie so voel nie… dis ‘n man ding…maak vrede daarmee. Daar IS uitsonderings op die reël. Definitief. Maar ek weet ons mans sal nooit daai stille krag en emosionele uithouvermoë hê wat vroumense het nie. Dit maak hulle VROU…
Die Here het vir ons mans ‘n wese gegee wat :
Huil oor ‘n troeteldier wat seergekry het, en terselfdetyd sal baklei dat die bloed loop vir iets wat sy koester en in glo.
Sal troos en ondersteun, al is haar eie pyn onuithoudbaar.
Kan huil as sy pyn het, huil as sy gelukkig is, sommer net huil uit meegevoel vir ander, huil as iets vir haar mooi is, huil as sy kwaad is, en huil om te wys hoe lief sy het…
Onwrikbaar sal glo in reg en geregtigheid, al is die hele wêreld teen haar.
Vroumense is SO broos en breekbaar maar terselfdetyd SO sterk en onwrikbaar….
Vroumense is so, so ,so weird…. g’n wonder ons mans sukkel so om hulle te verstaan nie….
Nouja.. daar is nog BAIE om te sê oor vroumense… ons kan nie sonder hulle nie… en ons mag hulle ook nie skiet nie…

en AL wat hulle terugverlang en aan die gang hou…. is liefde… mooi woorde, liefde…blomme…liefde… kaartjies…liefde… geskenkies…liefde… vertroosting…liefde….
As ek dalk vir ‘n hele ruk niks post nie… kom besoek my asseblief by Tygerberg Hospitaal, in sale 7,8,9b
….. want dan het my vrou hierdie blog gelees en gesê…”JY WEET AL HIERDIE GOED… HOEKOM DOEN JY DIT NIE ALTYD NIE!!!!” eish….
Humor… my tweede gunsteling tydverdryf.
Humor is die beste medisyne. Iemand het dit lank terug gese. Dit was nie ‘n vroumens nie, want dis die reine waarheid.
Min dinge kikker jou so op soos wat ‘n lekker lag dit kan doen. Ek praat nie nou van die “het julle hierdie een al gehoor!!” laggie nie.. Daarmee verloor jy te min kilojoules. Jou maagspiere begin skaars werk, dan is die snaaks verby.
Ek praat ook nie van die lag as jy sien daai mannetjie gaan NOU sy gat sien met daai baaisiekel… en DAAR is dit ook so nie!!! Jy giggel net bietjie….
Ek praat ook nie van die lag as iemand in ‘n toe patiodeur vasloop nie. Dis classic!!
Ek praat ook nie van die lag as ‘n ou tannie val nie… Geen disrespek teenoor ons seniors nie, maar dis meestal skreeusnaaks!! - (Dis nou as hulle nie seerkry nie!!)
Ek praat van DAAI lag…. soos as die regte ding op presies die regte oomblik gese word…
Eers kry jy so effense kramp op jou maag… dan slat jou asem weg… nog voor jy begin lag het… dan skep jy asem en jy lag… hier DIEP uit jou binneste uit dat jy dadelik begin rooi word in die gesig en jou oë begin traan.. jy lag… jy kry later nie meer asem nie, en jy voel NOU kan ek maar op die grond val(en jy doen dit!!) … dan besef jy… as ek nie nou ophou nie, dan dood ek!! Jou maag pyn… jy kannie uit jou oë uit sien nie, jou gesig gloei. Selfs 10 minute na die tyd raak jy weer spontaan aan die lag.
DAARDIE is die lag wat die kilojoules verbrand!!
Ons lag te min so….
Enige situasie wat ek sou probeer skep om jou so te laat lag sal flop… dis NOOIT agterna so snaaks nie..
Tolla v.d. Merwe het daai SNAAKS in ‘n groot mate tot sy reg laat kom… Jy kon jouself vereenselwig met sy stories.
Rerig snaaks wees, is ‘n kuns..
Snaaks wees is nie grappies vertel nie.
Snaaks wees is nie praat soos Mandela nie.
Die lyn tussen snaaks wees en jou naam gat maak, is bitter dun.
Snaaks wees is harde werk. Vra enige komediant.Ek was bevooreg om vir jare lank op die verhoog en paar keer op radio opgetree as komediant, saam met mense soos Oom Tooitjie(Bruwer Engelbrecht), Pip Friedman(’n Meester!) en nog vele ander. Daar is faktore soos jou tipe gehoor te lees, aktueel wees, snaaks wees sonder om simpel te wees, samewerking en interaksie met die gehoor en sulke dinge.
Meeste komediante is in wese ernstige mense. Sensitiewe, optimiste wat eerder die snaaks as die hartseer in situasies sien. Wat eerder die positiewe as die negatiewe in dinge sien. Wat verkies om eerder te lag as te huil. Alleen mense, wat verkies om te sit en dink oor hoe om ander te laat lag en vreugde te bring eerder as om negatiwiteit te versprei. Die tipiese nar, met ‘n traan scenario. Daarom is die meeste eintlik ernstig en stil weg van die verhoog af.
Dit bring my by my volgende punt. Een waaraan ek ‘n kleintjie dood het.
Mense wat dink hulle is snaaks.
Ons Suid Afrikaners is maar so. Ons is, lyk my, van nature snaaks, maar ek dink sommige van ons oorskat onsself!!
Ek onthou toe ek in standerd 4 was. (Niks het gebeur nie, ek onthou dit net.)
Hierdie lyn hierbo is BAIE snaaks. MITS hy in die regte situasie en buite konteks gebruik word.
Anders is dit net bloot ‘n stupid stelling. Die verskil tussen iemand wat snaaks is, en wat probeer snaaks wees, is die vermoë om daardie sin NET op die regte tyd uit te bring .
Dan kry jy ons ander braaivleis komediante wat die heel aand loop en grappe vertel, en vermoed hulle is die volgende Barry Hilton of Steven Wright. Ons manne, en ek sluit myself eerste in, geniet die braaivleis grappe, en hulle het ‘n definitiewe plek in ons Suid Afrikaanse opset, maar daar kom ‘n tyd wanner ons nou klaar is met grappies vertel, en begin gesels oor ernstiger dinge, soos die paroolstelsel en die invloed van Paris Hilton daarop. Dan sal hierdie man aangaan en jou vir die vierde keer wil vertel dat hy met die duiwel se suster getroud is…
Dissie meer snaaks nie. Ek dink dis hoekom ons kleintyd al se …”Moenie dink jy’s snaaks nie”
NS:Hierdie “ontlading” van my, was na aanleiding van gesprek met ‘n vriend van my, so as jy daar van hou, mooi man!! - en as jy nie daarvan hou nie… Moenie dink jy’s snaaks nie!!!
Groetnis






