“All truth passes through three stages. First, it is ridiculed. Second, it is violently opposed. Third, it is accepted as being self-evident.”
Arthur Schopenhauer – German philosopher (1788 – 1860)
Ek wonder toe by myself….. Wie het al VVV’s gesien…?
Hiermee verwys ek nie na die goeters waarmee jou ander helfte jou gooi oorlat jy nie jou gat wil lig nie…..
Ek verwys na regte buite-aardse VVV’s in SA soos hierdie een in Durban
Of die een in die Kalahari.. of… Port Shepstone of Touwsrivier of Lesotho of Pretoria om net ‘n paar te noem….
Hier is 3 foto’s
Rosetta – Natal
Northcliff – Johannesburg
Dis net in SA… In die res van die wereld gaan dit veel erger, soos bv. die meer onlangse VVV in November 2006 by O’Hare lughawe in Chicago.
Daar is legio ander. Jy hoef slegs ‘UFO’ by Google in te tik….
Maie mense beweer dat hulle wel “ontvoer” en kontak gehad het met buite-aardse wesens. As gevolg van die feit dat hulle besorgd is oor hulle geloofwaardigheid, en die vrees om as “nie heeltemal lekker nie” beskou te word, praat hulle nie graag daaroor nie. Een van die hoof simptome van ‘n “abduksie” is die fenomeen van “verlore tyd”.
Die persoon vind op een of ander stadium uit dat hy/sy nie lekker kan onthou van wat in ‘n spesifieke tydperk gebeur het nie. ‘n Gewaarwording dat iets nou gebeur het, en dat jy dit nie lekker kan verklaar nie… ‘n Gevoel dat jy reeds gedoen het wat jy nou net gedoen het….
Ek glo in lewe op ander planete en sterrestelsels….
Dit denke bots nie met my godsdiens nie, want die Bybel is deur God vir ons gegee as riglyn vir ons lewe hier op aarde… nie noodwendig as verklaring vir wat in die res van die heelal aangaan nie.
Die feit dat Hy wel aarde toe gekom het, dui vir my daarop dat ons wel baie spesiaal is vir Hom.
As jy bietjie navorsing gaan doen oor dit, kom jy gou agter dat daar sekere ding op aarde is wat nie heeltemal lekker sinmaak nie.
Soos bv.. Aristarcus Krater op die MAAN…’n fusie-reaktor op die maan????
‘n Pendeltuig op MARS????
En ons het gedink ons weet wat aangaan..!!!!!







10 comments
Comments feed for this article
29 Oktober, 2007 at 5:08 nm
Dellie
Nog nooit self ervaar nie, maar daardie derde foto laat my dink aan ‘n bad se uitloop?
1 November, 2007 at 1:23 nm
platterfuss
Ons is op (in) 1 sonnestelsel… wie sê die Here het nie meer ‘create’ nie? Hulle is dalk ver ‘voor’ ons… en kan kom ‘loer’ wat ons doen?
For some reason glo ek nogal in die goed…. (Nasa byvoorbeeld…. hulle het evidence???)
1 November, 2007 at 4:37 nm
Roer
Ek glo weer glad nie daarin nie, maar hey, dis julle goeie reg om daarin te glo. Ek het nog altyd gedink om enige ander lewe ‘daar buite’ te soek, is ‘n groot klomp geld mors wat beter gebruik kon word hier op aarde, maar hey, dis my goeie reg om so te dink.
9 November, 2007 at 10:17 nm
wolliem
Sou ek my vrou kwaad maak, ervaar ek ook v v v’ s en by nadere ondersoek, vind ek dat die voorwerpe wat gevlieg het, nie so vreemd is nie.
10 November, 2007 at 7:50 nm
mielie
Hellooooooooooo! She’s aliveeeeeee!!! Hello Meneer, hoe gaan dit my vriend? Ek’t UITEINDELIK my blog geupdate, so voor julle my kruisig gaan lees maar my verskoning, dis valid hoor!
Ek’t lekker gelag vir daai kiekies van die VVV’s – die eerste een in Northcliff is hoeka ‘n knoop wat voor die lens gehang is en die volgende een lyk soos ‘n foto met 3 gaatjies in! Hehehe
Ons praat weer my vriend, het julle gemis.
Ciao, Def
11 November, 2007 at 7:39 vm
mengelmoes
Ek wetie aldag so lekker of so iets moontlik issie, maar tog as sien daar is n berig oor ” ‘n VVV is gewaar in …” maak ek gou oop en lees.
Roswell? Waaroor die groot bohaai as daar niks is om ons plebs te wys nie?
*confused*
11 November, 2007 at 10:46 vm
Meneer
Welkom terug Def!!!
Ilze… Als hier oor Roswell..
http://tinwiki.org/wiki/The_Case_for_Roswell
Groete
28 November, 2007 at 7:01 vm
mengelmoes
Tag!!! You’re it!!!
Go Meneer..
Luvies
28 November, 2007 at 7:02 vm
mengelmoes
Dankie vir die link meneer. Ek gaan loer…
3 December, 2007 at 2:23 nm
platterfuss
Gmph!!! Het die outer space goetertjies jou gevang en jy’t nie eers vir ons laat weet nie??
Is nie fair nie!!!!
Mis jou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!